Honderdjarige Oorlog

Honderdjarige Oorlog

Skildery uit die Romantiek van Johanna van Arkel by die Beleg van Orléans.
Datum 1337–1453
Ligging Hoofsaaklik Frankryk en die Lae Lande
Resultaat Franse oorwinning
Gebieds-
veranderinge
Frankryk verkry beheer oor al die Engelse kontinentale besittings behalwe Calais
Strydende partye
Huis van Valois
Ondersteun deur:
Frankryk
Kastilië
Skotland
Genua
Majorka
Bohemië
Kroon van Aragon
Bretagne (Blois)
Huis van Plantagenêt
Ondersteun deur:
Engeland
Boergondië
Bretagne (Montfort)
Portugal
Navarra
Vlaandere
Hainaut
Akwitanië
Luxemburg
Heilige Romeinse Ryk

Die Honderdjarige Oorlog het betrekking op die periode van 116 jaar (1337 tot 1453) waartydens Frankryk en Engeland in talle konflikte gewikkel was, afgewissel deur tydperke van kort of langere wapenstilstande. Die oorlog het begin toe Eduard III van Engeland 'n défi (oorlogsverklaring) aan die koning van Frankryk Filips VI van Valois gestuur het. Die Verdrag van Picquigny, wat op 29 Augustus 1475 by Picquigny in Picardie onderteken is dui die amptelike einde van die oorlog aan. Die jaar 1453, toe die Engelse uit die hele Frankryk behalwe Calais verjaag is, word ook dikwels as die einde van die oorlog beskou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search